Home - HouseFinder Property and Real Estate listing and Magazine Namibia

Republikein - 27 Maart 2020

Skuld vakansie vir COVID-jeuk

Skuld vakansie vir COVID-jeuk

Jo-Maré Duddy
Besighede en individue wat steier onder die aanslag van Covid-19 op die plaaslike ekonomie, kan 'n blaaskans van ses maande tot twee jaar met die terugbetaling van hul skuld by handelsbanke kry.
Dié reddingsboei is gistermiddag deur die adjunkpresident van die Bank of Namibia (BoN), mnr. Ebson Uanguta, aangekondig.
Uanguta staan tydelik aan die stuur van die sentrale bank nadat die BoN se voormalige president, mnr. Iipumbu Shiimi, as die nuwe minister van ­finansies aangestel is.
Die kabinet het die BoN opdrag gegee om die uitwerking van die ­Covid-19-pandemie op die plaaslike ekonomie te bepaal en voorstelle te maak wat dit kan versag.
Ontleders het reeds gewaarsku dat Covid-19 en die inperking ­besighede finaal sal laat vou, massa-afleggings sal veroorsaak en verbruikers sal breek.
Die ekonomie het verlede jaar met -1,1% gegroei, het voorlopige syfers van die Namibië Statistiekagentskap (NSA) gister getoon.
Die land se ekonomie was vir drie van die afgelope vier jaar in die rooi. Die data toon die gemiddelde Namibiër is nou armer as vyf jaar gelede, sê Cirrus Securities in hul ontleding van die jongste inligting.
Moratorium
Die BoN se besluit volg ná beraadslaging tussen die sentrale bank en die Bankiersvereniging van Namibië (BAN).
Dit is geneem om die kontantvloeiprobleme van groot besighede en SME's te verlig, voortgesette besigheid te verseker en ­werksgeleenthede te beskerm, sê Uanguta.
Handelsbanke kan 'n “moratorium” van ses tot 24 maande op 'n kliënt se terugbetaling van 'n lening plaas. Dit geld vir die aanvanklike lenings­bedrag én die rente.
'n Skuldvakansie en die omvang van die verligting sal op 'n “deeglike bepaling van die ekonomiese en finansiële probleme” van individuele leners gegrond wees, sê Uanguta.
Hy voeg by: “Bankinstellings behoort sulke vakansies op 'n deursigtige, regverdige en billike wyse toe te pas.”
Die voorsitter van BAN, mnr. Sarel van Zyl, het gesê verligting vir banke se bestaande kliënte is beskikbaar vir diegene wat deur Covid-19 geraak is. Die omvang van dié verligting sal geval vir geval hanteer word.
“Kliënte word aangeraai om hul onderskeie banke vroeër eerder as later te nader,” het Van Zyl gesê.
Die sakesektor en verbruikers se totale skuld by plaaslike handelsbanke teen die einde van Januarie was sowat N$104 miljard, toon die BoN se jongste syfers.
Maatreëls
Volgens Uanguta is die plaaslike banksektor finansieel gesond en beskik dit oor genoegsame likiditeit en kapitaalvlakke om die ekonomie te ondersteun.
Om handelsbanke te help, het die BoN sekere maatreëls verslap.
Banke moes voorheen sorg dat hul verwagte kontantinvloei vir 'n week met hul verwagte kontantuitvloei ooreenstem. Nou mag meer kontant uitvloei as wat invloei, maar dit moet steeds aan regulatoriese limiete voldoen.
Die BoN het ook sy bufferkoers vir kapitaalbewaring na nul verlaag. Dit sal vir minstens twee jaar geld sodat banke geld kan uitleen en die vuisvoos ekonomie kan stimuleer.
Bankinstellings sal nou die kapitaal wat hul in “goeie tye” opgebou het, in die “tyd van nood” kan gebruik, sê Uanguta.
Hy sê die BoN sal verwikkelinge en handelsbanke se reaksie op die maatreëls “fyn monitor”.
- [email protected]

Okamita

Catalea Properties

Mcpherson Realtors

Rightmove Properties

Doris Hentzen Properties

Sylvie McTeer Properties

Jireh Real Estate

HomePage Estate Agency

Kruger Real Estate

Rina de Bod

GPM Services

HouseFinder Namibia. © 2019, All rights reserved
Disclaimer Privacy Policy
Another website escaped from the Asylum Design and Development